Afrika maak opgang – belegging in die kontinent

13 November 2017

Afrika maak opgang. Dis ’n uitdrukking wat ons al vir jare hoor en vereenselwig met ekonomiese groei, kunsuitdrukking, en ’n kontinent op die randjie van grootheid. Dit roep positiewe beelde voor die gees van ’n kontinent wat uiteindelik tot eie reg kom en die globale erkenning kry wat dit verdien. Maar ondanks Afrika se groeipotensiaal word dit steeds deur regerings en instansies as ’n waagstuk beskou. Dis wisselvallig, onvoorspelbaar en moontlik ’n bietjie te 'kleurvol' vir sommige beleggers.

Ons gesels met Godfrey Mwanza, hoof van Pan-Afrika Genoteerde Aandele by Absa Welvaart- en Beleggingsbestuur om die mistiek uit belegging in die kontinent te haal.

“Afrika het veelvoudige potensiaal,” verduidelik Mwanza. “Afrika verstedelik vinniger as enige ander streek op die planeet, Afrika-stede sal tot 2045 sowat 24 miljoen mense bykry. Dit is veel vinniger as selfs China en Indië wat onderskeidelik ’n bevolkingsgroei van 9 en 11 miljoen sal hê. Dit beteken dat meer monde gevoed sal met word, wat goed is vir ons produsente; dat meer huise gebou moet word, wat goed is vir konstruksie; meer selfone, bankrekenings en so meer. Dit bied ’n geweldige geleentheid.”

Mwanza is nie al een wat so dink nie.

Die African Development Bank het vanjaar verklaar dat Afrika die wêreldekonomie is wat die tweede vinnigste groei, met gemiddelde groei geraam op 3,4% in 2017 en 4,3% in 2018. As ’n streek is Afrikalande suid van die Sahara besig om selfs daardie indrukwekkende gemiddelde te verbeter, met meer as een derde van hulle wat groeikoerse van 6% of selfs beter behaal, terwyl nog 40% groei van tussen 4% en 6% per jaar behaal. Dis geen wonder dat etlike internasionale sakewaarnemers Afrika die ekonomiese groei-enjin van die wêreld noem nie.

Trouens, BBP-groeikoerse in ontwikkelende lande is gemiddeld hoër as dié in ontwikkelde lande, wat hulle baie aanloklik maak vir beleggers wat verder as die risiko’s kyk en die potensiaal besef.

Afrika in die nuwe millennium.

Ongeag wat sommige minder ingeligte beleggers natuurlik mag dink, bestaan Afrika uit meer as een land, en sommige lande verwesenlik hul potensiaal beter as ander, verduidelik Mwanza.

“Die tydperk tussen 2000 en 2008 was ’n keerpunt in baie Afrikalande buite Suid-Afrika. Eerstens was daar die IMF Wêreldbank se skuldverligtingsinisiatief of HIPC (program vir arm lande wat swaar onder skuld gebuk gaan) wat die skuldvlakke herstel het van regerings wat kapitaal aan rentebetalings in plaas van aan ontwikkelingsprojekte toegewys het. Tweedens was daar sterk kommoditeits-/hulpbronprysinflasie in navolging van Chinese industrialisasie. Van koper tot ruolie tot ystererts het, in wat kenners ’n supersiklus noem, na vore getree en Afrika-uitvoerders van hierdie kommoditeite het geweldig daarby gebaat.”

Weens hierdie 'volmaakte storm' van gebeure was baie Afrikalande toe die globale krisis in 2008 getref het, in ’n posisie om die ekonomie tydens die groot resessie te ondersteun. Dit het in die beleggingsgemeenskap ’n sin van geloof geskep dat Afrika die toon aangegee het en nie langer met die globale ekonomie gekorreleer het nie.

Maar het Afrika sedertdien aan sy potensiaal voldoen? “Die eerlike antwoord is ja en nee,” sê Mwanza. “Sommige lande doen beter as ander. Ons het na 2008 gesien dat lande wat van hulpbronne afhanklik is betreklik goed gegroei het. Ongelukkig het die ekonomiese stimulus gekonsentreer op verbruik eerder as om te belê in fisiese en menslike kapitaal wat produktiwiteit kan verbeter. Toe die olieprys in 2014 ineengestort het, het hierdie hulpbronafhanklike lande gebuk gegaan onder dieselfde probleem as ongediversifiseerde lande wêreldwyd. Hulle was ’n slaaf van die siklus van hul uitvoerprys. Intussen het Afrikalande wat nie van hulpbronne afhanklik is nie, meer beleggings gedoen en sterker en meer gediversifiseerde groei ondervind.

Afhangende van waarop jy jou aandag vestig, is dit duidelik dat daar hope potensiaal in Afrika is. “Groei is die grootste voordeel van belegging in ontluikende markte,“ verduidelik Mwanza. “Ontluikende en grensmarkte groei reeds baie jare vinniger as die ontwikkelde wêreld. Dit gaan nie verander nie.

“Aan die ander kant is volatiliteit die grootste nadeel. “Moderne finansies omskryf risiko as volatiliteit, naamlik die neiging van batewaardes om te styg en daal. Om jou portefeulje met dubbelsyfers in ’n kwartaal te sien val, kan vir sommige beleggers groot stres inhou. Dit kan deur opvoeding en geduld opgelos word.”

Absa in Afrika

Vir voornemende beleggers wat glo in Afrika se potensiaal, het Absa ’n magdom ondervinding en ’n verskeidenheid produkte en dienste om te help.

“By Absa maak ons gebruik van ’n onbeperkte benadering tot die kies van aandele wat beleggers toelaat om te belê waar hulle ook al die meeste waarde in Afrika-aandelemarkte sien, ongeag van die samestelling van die strategie se normaanwyser. Ons spits ons navorsingsvermoëns toe op opwaartse ontleding van gehaltebesigheid – dit is diegene met die vermoë om volgehoue hoë opbrengste te verdien op kapitaal wat in kontant belê word en oor volhoubare mededingende voordele beskik, asook dié wat die vermoë het om hoë groei van winsgrense te befonds en skokke of mededingende druk in die besigheidsiklus te absorbeer.”

Absa het ’n gekonsentreerde portefeulje van 30 aandele oor 13 Afrika-markte en tien verskillende industrieë, asook ’n effektetrustfonds hier in Suid-Afrika en ’n dollargedenomineerde effektetrust wat in Dublin, Ierland, genoteer is.

Maar watter opsie u ook al kies, raai Mwanza potensiële beleggers aan om op die langtermyn te fokus en nie in die strik te land van negatiewe nuus wat op die korttermyn sentiment kan dryf nie. “Hierdie soort vertroue gebeur net indien u op u gemak voel dat u in die regte maatskappy belê. Dit beteken ons glo dat u in maatskappye van die hoogste gehalte belê sodat u gerusgestel kan wees selfs al is daar byvoorbeeld negatiewe nuus oor die politiek van die bepaalde land.

“Mwanza raai aan dat die heel belangrikste is om soveel as moontlik van ’n deskundige te leer. Deur u navorsing te doen en op klein skaal te begin sodat u ondervinding en vertroue kan opdoen, kan u soos so baie ander floreer deur in die Afrika-droom te belê.

Vir meer inligting bel asseblief die inbelsentrum by 0860 11 456, e-pos utenquiries@absa.co.za of vra u finansiële adviseur.

Vrywaring: Die advies in hierdie blog is slegs vir algemene doeleindes en neem nie individuele omstandighede, doelwitte of finansiële behoeftes in ag nie. Lesers word gevolglik aangemoedig om gepaste advies te soek by ’n gelisensieerde professionele adviseur voordat enige belegging gedoen word, of ’n finansiële produk of diens aanvaar word.

Disclaimer: The advice contained on this blog is for general purposes only and does not take into account individual circumstances, objectives or financial needs. Accordingly, readers are advised to seek appropriate advice from licensed professionals prior to making any investment, or taking up a financial product or service.