Jou ander vakansiebeplanning

23 November 2017

Versiening van motor – bespreek. Verlof – goedgekeur. Vakansieverblyf – bespreek. Troeteldiere – blyplek vir diere bespreek. Kinders se reisvermaak – uitgesorteer. Versekering – altyd gereël.

Maar wag ’n bietjie. Gee jou daaglikse versekering jou die gemoedsrus dat, indien iets onvoorsiens sou gebeur terwyl jy met vakansie is, jy in goeie hande is? Vakansietye is die risiko groter. So byvoorbeeld het jou voertuig groter blootstelling op die paaie. Boonop is jou huis onbewoon, wat jou risiko van inbrake verhoog. Nog iets om in gedagte te hou, is dat jou geiser kan bars terwyl jy met vakansie is en die moontlike omvang van die skade in jou afwesigheid jou kan platsak maak.

Daar is nog ’n bietjie tyd voor die vakansieseisoen aanbreek. ’n Deel van jou merklysie is om jou polisse na te gaan vir wat gedek word en wat nie, en seker te maak dat jou polisse op datum is. Dis jou beste kans vir ’n sorgvrye vakansie!

Daar is ’n aantal faktore om op jou bestaande dekking in ag te neem:

  • Onderversekering (byvoorbeeld, om jou huisinhoud as R800 000 te skat, terwyl dit in werklikheid nader aan R1,2 miljoen mag kos om dit te vervang). In so ’n geval is jou versekeraar net aanspreeklik vir die persentasie waarvoor jy betaal het, wat in hierdie geval gelyk is aan twee derdes van die eis.
  • Om nie die bepalings en voorwaardes van jou polis na te kom nie. Byvoorbeeld, ’n kliënt moet sy of haar motor in ’n doeltreffende en padwaardige toestand hou om aan die Padverkeerswet te voldoen. Die toestand en loopvlak van die voertuig se bande moet ook aan die vereistes van dié Wet voldoen. Indien nie, kan jou versekeraar jou eis afkeur.

Dis ook belangrik om te weet en bewus te wees van waarvoor jy nie gedek word nie, en as dit ’n risiko is wat jy nie wil loop nie, is dit nou die tyd om alles met jou versekeringsdekking in orde te kry.

Aan die tuisfront

Gebouversekering:  Dit verwys na ’n onbeweeglike struktuur, insluitende jou privaat woning. Dit dek jou na verlies of skade aan die versekerde eiendom as gevolg van ’n versekerde gebeurtenis. Baie van ons kyk nie dikwels na gebouversekering nie, maar met die stygende koste van eiendom kan jy maklik onderverseker wees.

Om te verseker dat die geboue gedek is in geval van ’n rampspoedige gebeurtenis wat jou huis onbewoonbaar maak, soos brand of ’n oorstroming, kyk of jou polis jou verblyfkoste elders dek terwyl jou huis herstel of vervang word.

Huisinhoudversekering (HIV): Dit verwys na die roerende inhoud van jou huis, bv. klere, boeke, skilderye, TV, en so aan. Inflasie is ’n werklikheid in ons lewens. As jy ’n ruk gelede ’n TV gekoop het, is die prys van dieselfde item moontlik nie dieselfde wanneer dit vervang moet word nie. Dit is dus belangrik om dit in ag te neem. As jou huis ’n ruk onbewoon gaan wees, maak seker dat jy al die voorwaardelike klousules in jou polis nagegaan en afgemerk het. As jou alarmstelsel byvoorbeeld ’n voorwaarde van jou versekering is, laat jou sekuriteitsmaatskappy nagaan of jou alarm in ’n werkende toestand is en werk wanneer die gebou onbewoon is. Indien jou alarm ten tye van ’n inbraak nie in ’n werkende toestand is nie, is jou versekeraar geregtig om jou eis af te keur.

Voorts, aangesien jy waardevolle items kan dra wanneer jy met vakansie is, gaan in jou polis alle risiko’s of draagbare besittings na. Items soos tablette, kameras en duur handsakke word maklik gesteel. Gaan asseblief in jou polis na of dit gedek word.

Terwyl jy reis

Per lug: As jy vlieg en met jou kredietkaart vir jou kaartjies betaal het, sal jy waarskynlik baat by outomatiese reisversekeringsdekking, wat jou dek teen kansellasie en ander reiskwessies. Jy kan ook baat by ingeslote mediese versekering, of jou eie mediese fonds kan jou verseker terwyl jy oorsee is. Maar los die raaiwerk: kyk wat jy het en kry die papierwerk in orde. Skat wat die gapings is en indien jy nie op jou gemak voel nie, koop reisversekering om die gapings te dek.

Per pad: Daar is baie risiko’s terwyl jy op die pad is, soos ongelukke en onklaarraking van jou voertuig. Jou voertuigversekering kan aan jou waardetoegevoegde dienste bied soos padbystand. Kyk dus na jou polis om jou met die voordele vertroud te maak.

As jy graag met jou versekeringsmaatskappy wil praat

Bel Absa Versekering (AVM) by 0860 111 555, HIV by 0860 100 876 of idirect by 0860 109 693.

Hulle is volfiliale van Absa Finansiële Dienste en bied oplossings vir al jou persoonlike versekeringsbehoeftes: van motor- tot huisinhoud-, reis-, regs- en gebouversekering. Hulle het ’n aantal uiters innoverende en weldeurdagte opsies om te beskerm waarvoor jy die meeste omgee.

  • Meer oor voertuigversekering: Daar is verskeie voertuigversekeringsdekkingsopsies om van te kies – omvattende versekering; derde party, brand en diefstal; en derdepartydekking. Daar is ook ’n waarborg wat meganiese onklaarraking en verwante koste dek.
  • Absa bied ook uitgebreide voordele wat saam met ander voordele ook ’n tekortvoordeel bied. Indien jou motor gesteel of afgeskryf word, sal jou versekeraar die eis dek – maar daar kan ’n gaping wees tussen wat hulle betaal en wat jy nog aan die bank op die motor skuld. Hierdie versekeringsproduk sal dit, minus die bybetaling, betaal.

Voorkoming is beter as genesing

En natuurlik is voorkoming beter as genesing. Voor jy op vakansie vertrek, skakel die gas af as jy ’n gasstoof het. Prop elektriese toestelle uit en skakel die geiser af. Maak dubbel seker dat alle krane toe is, selfs dié waaraan die wasmasjien en skottelgoedwasser gekoppel is. Laat weet jou alarmmaatskappy op watter datums jy uithuisig sal wees en gee aan hulle die naam van ’n vriend of buurman om te kontak indien die alarm afgaan. Installeer ’n tydhouer om ligte aan en af te sit – dit sal nie ’n vasberade, waaksame inbreker om die bos lei nie, maar sal die opportunistiese een afskrik. Vra ’n buurman om die pos uit te haal. En moenie jou bewegings oor die sosiale media uitbasuin nie – niemand se facebook-profiel is werklik vir ’n kuberkraker privaat nie en sosiale media is vrugbare teelaarde vir skelms.

Wees veilig!

Vrywaring: Die advies in hierdie blog is slegs vir algemene doeleindes en neem nie individuele omstandighede, doelwitte of finansiële behoeftes in ag nie. Lesers word gevolglik aangemoedig om gepaste advies te soek by ’n gelisensieerde professionele adviseur voordat enige belegging gedoen word, of ’n finansiële produk of diens aanvaar word.

Disclaimer: The advice contained on this blog is for general purposes only and does not take into account individual circumstances, objectives or financial needs. Accordingly, readers are advised to seek appropriate advice from licensed professionals prior to making any investment, or taking up a financial product or service.